Micro filling of tailplane

Need help from Whisper Aircraft with a building question?

Micro filling of tailplane

Postby Tjoek » Thu Jan 25, 2007 8:03 pm

I am just starting work on QB. Since this is my 1st composite project, I decided to use the horizontal tailplane as tutorial, before touching anynything else.

Have done the centre rovings, and now plan to start with the surface finishing.

It seems that there are 2 schools on micro filling: (1) cover the whole surface with a layer of micro and sand; or (2) first cover small 'low' areas, then sand, cover, sand, ...

Any advice or tips from the experienced guys on this?
Tjoek
 
Posts: 14
Joined: Thu Sep 21, 2006 8:42 pm
Location: Centurion

Micro layers

Postby Johan Nortje » Mon Feb 12, 2007 10:40 am

Tjoek,
Lyk my niemand wil jou antwoord nie.
Ek het een laag micro gesmeer oor die hele vlerk, en waar daar duike is bv bo-op die main spar het ek die mikro net dikker geplak. Ek het ook gevind dat as ek die micro aanmaak met fast hardener en resin smeer dit makliker aan-- dis meer sticky en klou makliker, -- dit raak ook gouer hard en dit skuur maliker af. Wanneer ek klaar afgeskuur het en die vlerk lyk 100% neem swart spray verf, Die aerosol blikkies, en spray n baie baie dun lagie oor die hele vlerk. neem dan n lang skuurplank en skuur die verf af. waar swart verf oorbly is n duikie, smeer n dun lagie micro aan en skuur weer af, werk soos n bom. wanneer jy die eerste onderlaag opspuit sal daar duisende pin holes wees, die enigste werkbare metode om dit weg te kry is extra smooth body filler in die gaatjie en water sandpapier om glad te maak. Bel my gerus by tel 0819419806
cheers
Johan
Johan Nortje
 
Posts: 82
Joined: Sun Jan 16, 2005 10:12 am

Micro filling of tailplane

Postby Tjoek » Tue Feb 13, 2007 7:33 pm

Johan,

Baie dankie vir die raad. Ek het begin met micro op die een kant, en is nog aan't skuur.

Ek het slow hardner gebruik, redelik droog, opgesit, en met straight edge probeer skraap tot so 1mm dik. Die een fout wat ek gemaak het, is om nie genoeg micro aan te maak die eerste keer om die hele helfte te pleister voordat ek geskraap het nie. Die gevolg is dat ek weer baie micro moes opsit om al die gate te stop, nadat die eerste laag droog was.

Ek is ampler klaar geskuur (het met 36 grit begin) en vind dat die micro redelik maklik skuur.

Ek sal jou raad volg met die pin hole filling.

Het jy die micro geskraap, of net opgepleister en begin skuur?

Hoe het jy die voorkant en wing tips gemicro? Is dit goed genoeg om die micro hier net met die hand op te pleister, en met hand egalig te skuur?
Tjoek
 
Posts: 14
Joined: Thu Sep 21, 2006 8:42 pm
Location: Centurion

Postby Johan Nortje » Fri Feb 16, 2007 4:35 pm

Tjoek,
Ek het ook eers nadat ek "gepleister" het dit probeer gelyk trek en sodoende micro gespaar en gedink ek verkort die skuur proses, maar het later uitgevind my maniere van kortpad soek veroorsaak dat ek later weer micro moet opsit.

Nee met die tweede whisper het ek net gepleister en toe begin skuur met n lang skuurplank. Dan haal jy al die groot vlak duike ook uit. Maar ek moet bieg dis harde werk, ek het maar hulp ingeroep en betaal daarvoor. Maar beslis nie R250 per uur nie. Ek het goedkoper arbeid gebruik en was altyd by.

Vir my bly die grootste werk om die oppervlaktes van die vlerke en die stab mooi glad te kry. Die ander werk was net n plesier. elke week se vordering was die cherry op die koek, en het my aangejaag.

Nou is ek ledig en wag dat ienand n whisper kom koop sodat ek weer kan begin. Intussen vlieg ek die wereld rond. Die een naweek met die Glider en die volgende week met die express. Pure plesier, dit bly lekkerder as bou.
Cheers
Johan Nortje
 
Posts: 82
Joined: Sun Jan 16, 2005 10:12 am


Return to Building Support

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron